Post by Baked Beans on Apr 10, 2013 14:45:39 GMT 2
Dagsê almal
Ek het my fiets verlede week en Donderdag gekry – n rooie. Moet aan die einde van Mei ook met die pendel ding begin tussen Mosselbaai en George. Het my sommetjies gemaak en toe besluit die fiets is die beste opsie. Om met die bakkie heen en weer te ry sal my so R3000.00 plus per maand kos teen die huidige brandstofprys. n Woonstel gaan my min of meer dieselfde uitwerk, behalwe as ek vir n een man woonstel gaan. Vir dieselfde prys kan ek die fiets koop en heen en weer ry - wat n bargain!! En net daar besluit ek om die fiets te koop. Die eerste keer dat ek met die fiets ry, was toe ek dit uit die vertoonlokaal gery het. Ek het darem al voorheen op een gesit en ek moet se ek is baie tevrede daarmee. Die enigste extras was n hoer screen van Honda. Die hoer screen werk vir my alhoewel ek niks het om dit mee te vergelyk nie, behalwe my scramblers wat geen screen het nie. Vir my ry en hanteer die fiets baie lekker. Ek moet net gewoond raak aan die stamperigheid. Dit het seker te make met die harder suspensie van die fiets en die harde bande. Ek ry nou al van 1988 af n Honda XL 500 en het in 2010 vir my n Suzuki DR 650 aan geskaf, so dit sal seker n tydjie neem om gewoond te raak aan die padfiets en teerpad ry. Het maar hoofsaaklik grondpaaie gery. Ek dink daaraan om spotlights, hand guard en dalk n oranje skerm op te sit. So dit sal gaaf wees indien iemand enige goeie of slegte ondervindings het om te deel. Ek stel ook belang in brandstof verbruik en die gemiddelde spoed waarteen die verbruik gekry word.
Ek voel heel tuis op die NC700 en kan nie wag om te gaan ry nie. ;D ;D
Veilig ry en groete...