Hi julle. Ek het onlangs my NC750X gekry en ek en my vrou is opgewonde om te begin toer. Eerste op die lys is Oos-Transvaal einde November. Maar eers moet ek nog 'n paar aankope doen en sal enige hulp waardeer: - 'n Baadjie en helmet vir my vrou. Waar kan ek goeie pryse kry vir hoe kwaliteit? - Bluetooth kommunikasie. Enige aanbevelings? Het iemand al probeer invoer? - Extended screen. Ek kom agter die wind gooi ons bietjie
Ek het ook gedink om BMW se advanced kursus te doen. Het enige iemand ondervinding daarmee? Is dit die moeite werd?
Dis altyd makliker om in jou plaaslike omgewing te koop - dan kan n mens verskillende groottes pas, en kleure vergelyk. Plaaslik koop is egter nie altyd die goedkoopste nie.
Afhangende van jou persoonlike ry ondervinding, kan dit dalk goed wees om die BMW kursus te doen. Dis altyd n goeie ding om vroulief veilig te laat voel op n fiets, anders kan baie drome maklik voortydig sneuwel
Iemand anders sal dalk met die ander vrae kan help.
Groetnis.
Kappa Touring Screen, SW Motech Crash Bars, Raptor Desert Fox Spotlights, SW Motech spotlight Mounting Brackets, SW Motech Center Stand, Givi E370 Top Box with Light Kit, Givi Back Rest for Top Box, Dzell Radiator Guard (aluminium), Dzell Side Stand Expansion Plate. Modified BMC Air Filter, Dimple magnetic oil Drain Plug, Seat Saint, Givi V35 Panniers, DIY chain Oiler, “Sit & Fly” type seat cover, Hand Guards, Highway foot Pegs, Adjustable wind deflector.
Ek het so pass a bluetooth kommunikasie stelsel gekoop, en as jy die budget het, ek aanbeveel die CARDO PACKTALK. Dit is a bietjie duur, maar in my oponie is dit die geld en moete werd.
Verskoonings as my afrikaans a bietjie vrot is, dis baie lank laas wat ek afrikaans geskryf het of gepraat.